Die Hamas-beheerde Ministerie van Gesondheid in Gasa sê dosyne mense is dood of beseer in ‘n ontploffing by ‘n vlugtelingkamp in die Rafah-gebied. Die Israelse Weermag sê hulle het ‘n lugaanval uitgevoer wat ‘n Hamas-kompleks in die gebied teiken en nie ʼn vlugtelingskamp nie.

Israel se aanval het gevolg op ʼn aanval vroeër gister toe Hamas agt vuurpyle vanaf Rafah na Tel Aviv afgevuur het. Dit was die eerste langafstandaanvalle op die stad sedert Januarie. Hamas hou vol die Israeliese lugaanval het ‘n kamp vir ontheemde Palestyne noordwes van Rafah getref, weg van onlangse militêre operasies en in ‘n aangewese humanitêre veilige sone.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×