Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê vergelding het nou eers begin.

Dit teen die agtergrond van die Palestynse Islamitiese beweging, Hamas, wat die naweek vir die grootste aanval op Israeliese grond in dekades gesorg het.

Volgens Netanyahu is Israel oorgehaal om met enorme geweld teen die Hamas-militante groep op te tree.

Meer as 700 mense is sedert Saterdag se onverwagse aanval dood.

Hierdie dodetal sluit die 260 mense in wat deur lede van Hamas by ‘n musiekfees vermoor is. Honderde mense is in die Gaza-strook dood, in ‘n Israeliese teenaanval.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×