Hamas wil ‘n Islamitiese staat op Israel se puin vestig, het Mosab Hassan Joesef, die seun van ‘n Hamas stigterslid gesê. Joesef wat later een van Israel se top informante geword het, het aan CNN gesê wanneer Hamas geld nodig het, begin hulle ‘n oorlog. Joesef het gesê hy voel jammer vir die Israeliese weermag wat Gaza moet ingaan waar Hamas oral strikke gestel het en vegters in tonnels wegkruip. Hy het gesê dit is die mees gekompliseerde operasie wat ‘n moderne weermag sal moet uitvoer. Die Palestyne en Gaza moet egter van Hamas se heerskappy bevry word want hulle is ‘n godsdienstige beweging wat nie aan politieke grense glo nie. Hamas wil die Jode en die Joodse staat uitwis en almal doodmaak wat Israel ondersteun. Joesef het gesê Hamas se uiteindelike doelwit is om ‘n wêreldwye Islamitiese staat te vestig.
