Hamas sê enige hervatting van samesprekings oor ‘n wapenstilstand moet eerder voortbou op planne wat reeds voorheen ter tafel gelê is. Die militantegroep sê dit maak geen sin om telkens van vooraf te begin nie.
Internasionale bemiddelaars van Katar, Egipte en die VSA het verlede week Israel en Hamas aangemoedig om op 15 Augustus onderhandelinge oor ‘n wapenstilstand en gyselaarsvrystellingsooreenkoms by te woon.
Israel het gesê hy sal ‘n span onderhandelaars stuur om aan die vergadering deel te neem. Onderhandelinge het verlede maand gewankel, toe nuwe bepalings ingestel is op die raamwerk wat die Amerikaanse president Joe Biden in Meimaand voorgestel het.