Hand-voet-en-mondsiekte het aldus die Vrystaatse gesondheidsdepartement vermoedelik by ‘n kleuterskool in die Fichardtpark-woongebied in Bloemfontein uitgebreek. Hierdie hoogs aansteeklike virussiekte kom meer dikwels by klein kindertjies voor.
Dokter Cloete van Vuuren, Bloemfonteinse viroloog, en internasionaal gerekende kenner van oordraagbare siektes, sê dit moet egter geensins met bek-en-klouseer verwar word nie.
LEES MEER: Hand-voet-en-mondsiekte breek vermoedelik by ’n kleuetrskool in Bloemfontein uit
Hand-voet-en-mondsiekte word simptomaties behandel en dit is ook van groot belang om te alle tye dehidrasie te voorkom. Rakende voorkoming is goeie higiëne deurslaggewend.