Julius Swart, die mede-eienaar van die Hannon handelsmerk en eks-man van die Glam Guru, Hannon Bothma, het spoorloos verdwyn. Maroela Media berig volgens die organisasie Pink Ladies, word Swart reeds amper twee maande vermis.
Hy word as kwesbaar beskryf en het volgens diegene wat hom laaste gesien het, nie goed gelyk nie.
Die 59-jarige Swart het glo op 23 Januarie laas met geliefdes kontak gemaak en kon sedertdien nie opgespoor word nie. Hy het in Bramley in Johannesburg verdwyn. Swart en Bothma is in Oktober 2018 getroud en drie jaar later besluit hul paadjies gaan skei. Die egskeiding is nog nie afgehandel nie. Die twee was 30-jaar saam.