Die Afrikaanse komedie, “Hans steek die Rubicon oor” het in minder as drie weke reeds R1 miljoen by die plaaslike loket verdien. Die rolprent, wat geskoei is op Rudi van Rensburg se gelyknamige Afrikaanse roman, is ook die nommer een rolprent by 14 teaters landwyd. Hans steek die Rubicon oor met Pierre van Pletzen in die hoofrol, handel oor die hardkoppige 90-jarige Hans wat teen sy wil deur sy vervreemde dogter in ‘n ouetehuis geplaas word. Dit het ‘n ouetehuis-opstand tot gevolg teen ‘n drakoniese matrone. Maroela Media berig die rolprent is ook by vanjaar se KykNet Silwerskermfees in Kampsbaai gewys waar dit as die fees se beste speelfilm aangewys is.    

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×