Oscar-wenner Gene Hackman het aan hartsiekte en ander faktore gesterf, kort ná sy vrou, Betsy Arakawa, se dood glo weens ‘n seldsame virus wat deur muise versprei word.

Reuters berig dat hul liggame en dié van ’n hond op 26 Februarie in hul huis in Santa Fe gevind is.

Volgens ‘n lykskouing het Hackman se gevorderde Alzheimer-toestand moontlik verhoed dat hy van haar dood bewus was.

LEES MEER: Oscar-bekroonde Gene Hackman dood in huis aangetref

Sy is na raming op 11 Februarie oorlede, en hy op 18 Februarie.

Hantavirus kom selde in die VSA voor, maar kom wel in New Mexico voor. Gesondheidsbeamptes het muisaktiwiteit buite Hackman se huis gevind.

Hackman, ’n ikoniese akteur, het twee Oscars gewen en in meer as 80 rolprente verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!