Twee afsonderlike gevalle waar mynwerkers hul lewe verloor het, word deur die Harmony Gold Mining Company ondersoek.
Drie Vrystaatse-mynwerkers is dood weens hul beserings na ‘n voorval by Theunissen. Dit terwyl twee werknemers ook by ‘n ontwikkelingspunt by Doornkop-myn in Soweto dood is.
Alle skietwerk is tydelik by dié myn opgeskort. Luidens ‘n aanlyn artikel van Harmony word die oorsake van die twee onverwante voorvalle tans beide intern en deur die reguleerder ondersoek.
Volgens die hoof uitvoerende beampte van Harmony, Beyers Nel, is hulle verpletterd deur die nuus aangesien die veiligheid en welstand van hul werkers hul eerste prioriteit is.
Hy sê ook hulle sal hul volle ondersteuning aan die families van die oorledenes gedurende hierdie uitdagende tyd bied .