Sterk rukwinde van meer as 114 km/uur het laat Dinsdagmiddag in die Harrismith-omgewing dakke afgewaai en sowat 30 bome ontwortel waarvan sommige op kragdrade geval het. Netwerk 24 berig ‘n gebou in die middedorp se dak is afgeruk en het 80 meter verder tussen ‘n klomp voertuie geval. Niemand is beseer nie. Meer as 50 huise is ook weens die sterk wind in Bethlehem beskadig.
