Nesquik, of beter bekend as hasiemelk gaan voortaan nie meer in winkels beskikbaar wees nie. Nestlé Suid-Afrika het besluit om die produk te onttrek vanweë swakker verkope. Die Sjokolade en aarbeigeur se verspreiding is reeds op 21 Augustus vanjaar gestaak. Volgens News 24 het die maatskappy die besluit geneem as gevolg van ‘n laer aanvraag vir die produk. Nestlé se Milo, warmsjokolade en kakao-drankies sal egter steeds op die rakke bly. Nestlé het aangekondig dat nuwe produkte binnekort op die rakke beskikbaar sal wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×