Die waarnemende burgemeester van Mangaung Metro, MMC Manthuse Letawana, het saam met ander munisipale amptenare die dag begin deur saam met pendelaars op Hauweng-busse te ry. Volgens hulle persverklaring het Hauweng-busdiens van die rit van Hoffman Square tot Brandwag aan gedurf/onderneem.
Die ervaring het die stad se verbintenis tot die verbetering van openbare vervoer, veral die Hauweng-busdiens, beklemtoon. Letawana het gesê dat hulle ook e-kaartjies ondersoek, ‘n projek wat jeug in die Inligtingstegnologie (IT) sal betrek.
Sy het verduidelik dat hierdie rit deel was van ‘n poging om terugvoer te kry en die daaglikse uitdagings van pendelaars te verstaan. Vir haar was dit ‘n goeie ervaring om saam met hulle te ry. Pendelaars waardeer die bekostigbaarheid van die busse en het hul begeerte vir digitale kaartjies uitgespreek.