‘n Speurder van die polisiekantoor in Heidedal, moet vandag in die hof verskyn, weens die beweerde ontvangs van omkoopgeld om ‘n dossier te laat verdwyn.

Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê ‘n man wat op dwelmverwante aanklagte in aanhouding is, het ‘n vriend ingelig dat ‘n polisiebeampte hom skynbaar met ‘n omkoop-voorstel genader het. Die beampte het glo gesê die omkoopgeld sal keer dat die verdagte se dwelm-saak in die hof draai.

Die polisie se teen-korrupsie-eenheid het die vermeende omkoopgeld in die speurder se besit gevind, toe hy gister in hegtenis geneem is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×