In aanloop tot vandeesmaand se verkiesing, duik die herinstelling van die doodstraf as afskrikmiddel teen misdaad, in talle partye se verkiesingsmanifeste op. Die African Transformation Movement, asook die Patriotic Alliance tel onder hierdie partye, terwyl die MK-party sê hy wil toesien dat daar ‘n referendum hieroor gehou word.
Die IVP glo dit sal van groot waarde wees om ‘n nasionale debat te voer oor die moontlikheid om die doodstraf terug te bring. NewsKoop berig, aan die hand van die Amerikaanse organisasie, Death Penalty Information Centre, wys navorsingsgegewens en misdaadstatistieke dat daar nie noodwendig ‘n verband tussen die doodstraf en ‘n afname in misdaad gesien kan word nie.