Herman Mashaba het bekend gemaak dat hy as burgemeesterskandidaat vir Johannesburg gaan staan

Die leier van Action SA, Herman Mashaba het bekend gemaak dat hy as burgemeesterskandidaat vir Johannesburg gaan staan in die munisipale verkiesing in Oktober.

Mashaba het voorheen dié amp beklee maar as DA-burgemeester.

Mashaba het in Oktober 2019 uit die DA bedank, uit protes teen Helen Zille wat as Federale voorsitter van die DA aangewys is.

Luidens berigte het Mashaba ‘n beroep gedoen op inwoners om hom in die komende verkiesing te steun.

Volgens hom sal hy ‘n wesentlike verandering in Johannesburg bring.

Luister na potgooie hieronder