Sekere inwoners aan Bloemfontein se noordekant sit Vrydag weer hoog en droog. Dit is hoofsaaklik in die omgewing van die Heuwelsig-woonbuurt, waar probleme met watertoevoer ervaar word.

Die Mangaung-metro sê in ‘n verklaring die probleem lê by die Heuwelsig-pompstasie, waar daar skynbaar ‘n kragonderbreking is. Vir solank as wat Centlec aandag aan die krag-probleem skenk, kan onderbrekings in watertoevoer te wagte wees.

Die spesifieke aard en omvang van die probleem word nie in die verklaring uiteengesit nie. Die metro sê hoewel hy jammer vir die ongerief is, kan hy nie sê hoe lank die herstelwerk sal neem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×