In lig van die tornado-agtige winde in Welkom gedurende die naweek, moes vakansiegangers by Sun City in Noordwes hul feesvieringe ook onderbreek.
SABC News berig dat hewige storms uitgebreide skade aan voertuie veroorsaak het.
Video’s op sosiale media wys hoe die oordpersoneel onverpoos werk om die parkeerterrein op te ruim waar bome omgeval en verskeie voertuie beskadig het.
Die oordbestuur bevestig dat daar geen beserings of sterftes was nie en het gesê dat pogings aan die gang is om die omvang van die skade te assesseer.