Hezbolla in Labanon het tientalle vuurpyle oor die grans na Israel afgevuur nadat twee burgerlikes dood is in ‘n aanval wat hy aan Israel toeskryf. AFP berig Hezbolla het vandag en gister vuurpyle na die noorde van Israel afgevuur in reaksie op burgerlike huise.
Die groep het sedert sy bondgenoot, Hamas, ‘n aanval op 7 Oktober verlede jaar teen Israel uitgevoer het, feitlik daagliks vuur met Israel uitgeruil. Die groep het egter vuurpylaanvalle op Israelse militêre basisse oor die afgelope paar dae verskerp.