Die Iran-gesteunde Libanese Hezbollah-militantegroep sê hy is nie verantwoordelik vir die dodelike missielaanval op ‘n sokkerveld waar meestal kinders byeen was nie.
Twaalf is dood, en minstens 13 ander mense is in die aanval beseer in ‘n dorpie in die Israelies-besette Golanhoogte.
Benjamin Netanyahu, eersteminister van Israel, sê luidens ‘n verklaring Hezbollah sal ‘n baie duur prys vir die aanval betaal.