Daar gaan hierdie week harde onderhandelings, agter toe deure, oor die omstrede Wysigingswet op Basiese Onderwyswette gevoer word.
Dit volgens die bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, doktor Dirk Hermann. President Cyril Ramaphosa sal Vrydag aankondig of die twee klousules oor taal en toelatings in werking gestel gaan word.
ʼn Herrie het verlede week losgebars ná ‘n ooreenkoms tussen die Solidariteitbeweging, die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en die presidensie oor die wet bereik is. Hermann hou vol dat die getekende ooreenkoms vas en bindend is.