Hilton DA-raadslid in Bloemfontein, Pieter Lotriet het aan Netwerk24 verduidelik dat die Departement van Korrektiewe Dienste van plan was om ‘n parool-rehabilitasiesentrum in Lombaardstraat 60 te vestig.

Dawie Barnard, voorsitter van die Hilton-misdaadvoorkomingsvereniging, het aan Lotriet genoem dat Hilton ‘n “misdaadnes” is en dat die plasing van paroolgangers daar ‘n slegte idee sal wees.

Inwoners het ook hul afkeuring op sosiale media uitgespreek, wat gelei het tot Lotriet se besluit om die projek glad nie te ondersteun nie.

Die halfweghuisprojek in Hilton is deur die Departement van Korrektiewe Dienste geskrap. Dit kom nadat Dr. Pieter Groenewald, die nuwe minister van korrekdiewedienste, Dinsdag aangekondig het dat hy al sy geërfde agterstallige paroolaansoeke op datum gekry het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×