Die hittegolftoestande sal na verwagting tot die naweek oor Suider-Afrika voortduur. Die weervoorspellingsorganisasie Extreme Temperatures Around the World sê die hittegolf in Suid-Afrika, Zimbabwe en Malawi sal hierdie hele week duur en verskerp namate dit na Namibië, Botswana en Madagaskar beweeg. Suid-Afrika het vandeesweek ‘n hoë streekstemperatuur van 43 grade Celsius aangeteken. Die publiek word gewaarsku om nie vir lang tye aan die hitte blootgestel te word nie.
