Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir uiters hoë brandgevaartoestande vir sommige provinsies Maandag. Die geaffekteerde provinsies sluit die Wes-Kaap, Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes in.
Hittegolftoestande word ook hierdie week in dié provinsies verwag. Dit sal aanhoudende hoë temperature bo die gemiddelde maksimum temperature tot gevolg hê. Mense word gevra om nie te lank in die buitelug deur te bring nie en genoeg water te drink. Die hittegolftoestande sal in sommige dele van die land tot Saterdag duur.