Die somer skyn vanjaar vroeg uit die vere te wees.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê ’n hittegolf sal na verwagting hierdie week verskeie dele van die land tref.

Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat kan veral hoë temperature te wagte wees.

Die weerdiens het ook uiters hoë brandgevaarwaarskuwings uitgereik vir die noordoostelike dele van die Noord-Kaap en vir dele van die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

Hierdie tyd van die jaar in die Vrystaat word algemeen as die “brandseisoen” bestempel, en seisoenale winde gedurende hierdie tyd blaas ook juis die probleem aan.

Veldbrande in die Bloemfontein-omgewing kan by die brandweerdiens by 051 406 6666 aangemeld word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×