Hittegolftoestande in die sentrale binneland laat die sweet behoorlik tap. Die kwik het gister in Bloemfontein eers vlak voor die 40 grade-merk weer begin daal.

Hoewel mens en dier ongemak weens die hitte moet verduur, is dit egter die die onstaan van veldbrande wat reuse kommer wek. Die erge hitte duur volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens aanstaande week voort. In die Vrystaat is waarskuwings oor brandgevaar onder meer uitgereik vir die omtrekke van Bloemfontein, Welkom, Dealesville, Hoopstad, Wepener, Brandfort en Koffiefontein.

Netwerk24 berig Cradock in die Oos-Kaap, was gister, teen 43,3 grade, die warmste sedert 1998. Gariepdam het gister 39,2 grade gehaal. Dit is die dorp se hoogste dagtemperatuur in 21 jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×