Groot dele van die land is steeds in die greep van ‘n versengende hittegolf, en verligting kom dalk eers teen die middel van die week.

Met maksimumtemperature wat in die Rosestad aan die 40 grade lek, word inwoners gemaan om lewensnoodsaaklike stappe te neem om hitte-uitputting en dehidrasie te voorkom.

Gedurende hierdie tyd moet mense deurgaans vloeistowwe inneem, verkieslik water, en moet direkte blootstelling aan sonlig ook sover moontlik vermy word.

Die DBV in Bloemfontein doen ook ‘n ernstige beroep op troeteldiereienaars om te verseker dat diere te álle tye genoeg vars drinkwater het, asook skuilplek van die son.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×