Hittegolftoestande in dele van die sentrale binneland laat die rekords vir maksimum-dagtemperature behoorlik spat.
Met die kwik by 39,8 grade, was Welkom in die Vrystaat vandeesweek die warmste in 49 jaar, vir hierdie week in Februarie. Netwerk24 berig die 41,6 grade wat Woensdag in Kimberley gemeet is, was die hoogste temperatuur op hierdie dag in 64 jaar. Mense en diere in die Vrystaat, die Noord-Kaap, Noordwes en ‘n deel van Gauteng loop reeds die afgelope twee weke onder snikhete toestande deur.
Mense van alle ouderdomme moet genoeg vloestof inneem. Bejaardes en klein kindertjies loop die risiko om vinnig te ontwater. Mense word gemaan om blootstelling aan die son tot die absolute minimum te beperk.