Enige poging om John Hlophe te keer om in die Regterlike Dienskommissie (RDK) te dien, beperk die regte wat hy as parlementslid geniet.
Dit aldus advokaat Thabani Masuku wat sê die MK-party het die reg om sy kliënt vir enige komitee of grondwetlike liggaam te nomineer, aangesien Hlope lid van die Nasionale Vergadering is.
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vandag aansoeke aangehoor om die aanstelling van die MK-party se parlementêre leier in die RDK stop te sit.