Regter John Hlope, wat aangekla is van onbehoorlike inmenging in die konstitusionele hof se beraadslagings in litigasie wat die belange van Jacob Zuma betrek, het uit die Regterlike Dienste-kommissie (RDK) bedank.

Luidens Mail & Guardian is die besluit geneem omdat hy nie ‘n onwettige proses as wettig sal verklaar nie. Hlophe is die RDK-prosesse verbied ná ‘n hofsaak wat deur die DA, Corruption Watch en Freedom Under Law gebring is.

Verlede week het die MK Party ‘n dringende aansoek ingedien om die RDK-onderhoude te verbied, maar die party, onder leiding van Hlophe in die Parlement, het hierin misluk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×