John Hlophe is aangewys as leier in die parlement vir Jacob Zuma se Umkhonto WeSizwe-party. Hlope, ‘n voormalige regter-president van die Wes-Kaap, is vroeër vanjaar deur president Cyril Ramaphosa uit die amp verwyder.

Die stap is geneem, nadat die Nasionale Vergadering ten gunste daarvan gestem het dat Hlope weens wangedrag onthef moet word. Hlophe het aan SABC-nuus bevestig dat hy die koukus van die derde grootste party in die parlement sal lei. Die MK-party se LP-kandidate moet nog ingehuldig word, aangesien hulle weens ‘n boikot oor die verkiesingsuitslag, geweier het om verlede week se eerste sitting van die Nasionale Vergadering by te woon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×