Die voormalige regter-president van die Wes-Kaap-hooggeregshof, John Hlophe, is verbied om ‘n setel op die Regterlike Dienskommissie (RDK) te neem.

Regter Johannes Daffue het vroeër Vrydag die uitspraak in die Wes-Kaap-hooggeregshof gelewer.

Dit is nadat die DA ‘n dringende aansoek ingedien het om Hlophe te verbied om in die RDK te dien.

Die parlementêre leier van die MK-party is in Julie aangestel om op die RDK te dien.

Hlophe is in Februarie vir growwe wangedrag aangekla.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×