‘n Brandstofprys-ingrypingsplan sal binnekort in die kabinet ter tafel gelê word. Die DA het die aankondiging van die minister van finansies, Enoch Godongwang, verwelkom.
Aangesien dit volg op hulle lang veldtog, wat vra vir verminderde brandstofheffings en ‘n hersiening van die brandstofprysstruktuur.
Die regering se plan sal na verwagting fokus op maatreëls wat hoë brandstofpryse sal takel om te verseker dat brandstof meer bekostigbaar vir verbruikers is. Dit is volgens die DA ‘n oorwinning vir sukkeldende Suid-Afrikaners en die party beloof om seker te maak dat die plan se voorstelle verbruikersgesentreerd is.