Hoë in hegtenis geneem weens onregmatige huurkontrakte

’n Hooggeplaaste amptenaar van die Noord-Kaapse departement van gesondheid is Woensdagoggend deur die Valke in hegtenis geneem.

Luidens berigte sal dié amptenaar later in Kimberley in die hof sal verskyn.

Die in hegtenisname hou verband met onregmatige huurkontrakte van R96 miljoen.

Volgens Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging, het die verdagte na bewering as verantwoordelike amptenaar nie die wetlike voorskrifte ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gevolg nie.

Netwerk24 berig Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, het die inhegtenisneming bevestig.

Luister na potgooie hieronder