Die Mangaungse brandbeskermings-assosiasie, of MAFPA, het ‘n waarskuwing uitgereik vir die verhoogde risiko vir wegholveldbrande in die suide van die Vrystaat. Dié tyd van die jaar word algemeen as die “brandseisoen” bestempel. Statistieke wys hoewel sommmige veldbrande deur nalatigheid veroorsaak word, is brandstigting ongelukkig een van die hoofoorsake van veldbrande wat die Vrystaat jaarliks teister. MAFPA het gesê mense moet seker maak dat hulle brandbestrydingstoerusting gereed en byderhand is. Voorts moet mense nie oopvure in die veld maak nie, en ook nie met voertuie in lang gras ry nie. Die waarskuwing geld van vandag tot en met Dinsdag 30 Augustus. Veldbrande kan by die brandweerdiens by 051 406 6666 aangemeld word. Dit is die brandweerdiens by 051 406 6666.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×