Die stresvlak van meer as 70% van alle Suid-Afrikaners is so verlammend, dat mense voel hulle is nie daartoe in staat om die eise van die lewe te kan hanteer nie.  Ipsos se opname oor geestesgesondheid, plaas Suid-Afrika as een van die lande ter wêreld, met die meeste gevalle van geestesgesondheidsversteurings.

Fatima Seedat, ontwikkelingsbestuurder van die Suid-Afrikaanse groep vir depressie en angs (SADAG), verduidelik aan SABC News dat geldelike probleme slegs een van talle faktore is wat mense uiters neerslagtig maak. Seedat sê dit is ook ‘n tekort aan geld, wat dikwels in mense se pad staan, om die nodige hulp te bekom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×