Hoëprofiel sakeman met Gupta-bande vandag in die Bloemfonteine Landdroshof

‘n Hoëprofiel sakeman wat met die Gupta-familie verbind word en drie voormalige amptenare van die Vrystaatse Departement van Landbou sal vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat is dié vier gister in die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê ‘n vyfde verdagte sal na verwagting binnekort in hegtenis geneem word.

Luidens berigte hou die inhegtenisnemings verband met die mislukte Estina-suiwelplaasprojek by Vrede in die Vrystaat.

Intussen het die Nasionale Vervolgingsgesag bevestig dat die vyfde verdagte reeds in kennis gestel is van sy of haar inhegtenisneming.

Luister na potgooie hieronder