Met nog net enkele dae oor voor vanjaar se nasionale begroting ter tafel gelê gaan word, is kenners en sakelui bekommerd dat die tesourie aan die versoeking sal toegee om belastingbetalers vir nog geld te tap.
Netwerk 24 berig kenners meen die gevaarligte flikker watter impak ‘n swaarder belastingslas op platsak Suid-Afrikaners kan hê asook hoe dit verdere wetteloosheid kan aanspoor.
Tax Justice South Africa se Yusuf Abramjee, sê dat daar groter gevolge as ‘n belastingverhoging gaan wees wat landsburgers verarm. Abramjee sê aksyns op drank en sigarette sal beduidend toeneem om die gate in die staatskas te probeer toestop. Dit het tot gevolg dat die land elke jaar van ‘n R100 miljard beroof word deur veral die sluikhandel in sigarette. Verhoogde aksyns gee ook ‘n groen lig vir bendes wat Suid-Afrika in ‘n mafiastaat kan omskep.
Theuns du Buisson van Solidariteit se Navorsingsinstituut het op sy beurt gesê Suid-Afrika kan nie deur hoër belasting ryk gemaak word nie. Suid-Afrika het ‘n land van maatskaplike toelaes en projekte sonder planne geword.