Hoër brandstofpryse in Desember kan daartoe lei dat voornemende vakansiegangers dalk eerder met Jan-tuisbly se karretjie sal moet ry.

Die departement van minerale hulpbronne en energie se jongste voorspelling dui op groot stygings in die prys van petrol en diesel.

Volgens hierdie voorspelling kan petrol met tot soveel as een-rand 25 sent per liter styg en diesel met tussen 60 en 69 sent.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig dat November se dieselprysstyging die grootste was sedert die twee-rand 31 sent sprong in Julie vanjaar.

Diesel het vanjaar reeds met meer as ses-rand 14 sent per liter die hoogte in geskiet.

Paraffien sal na verwagting in Desember 42 sent per liter duurder wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×