Hoërskool Fichardtpark, in Bloemfontein, het ‘n fondsinsameling begin om so gou moontlik die nodige hulp vir ‘n leerling te kry wat Saterdag in ‘n rugbywedstryd beseer is.

FindIt berig die 17-jarige Jonathan Barnard het Saterdag in ‘n wedstryd teen Sentraal sy femur gebreek en moet nou dringend ‘n operasie ondergaan.

Sy ma, Marisa Barnard, sê hy was ‘getackle’ en toe het van die spelers bo-op hom geval.

Marisa vertel die privaathospitale met wie sy gepraat het, sê sy moet ‘n bedrag van R300 000 neersit voor haar seun opgeneem kan word.

Intussen is die waglys by Pelonomi, waar Jonathan tans lê, ook baie vol en sukkel die ouers om kommunikasie van die dokters te kry.

Indien jy ‘n bydrae wil lewer om Jonathan by ‘n privaathospitaal te kry en om vir die operasie te kan betaal, hier volg Hoërskool Fichardtpark se bankbesonderhede.

Naam van rekening: Hoërskool Fichardtpark
Bank: Standard Bank
Takkode: 051001
Rekening Nommer: 041295781
Tipe Rekening: Lopende Rekening
Verwysing: JB 001

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×