Die drinkwater van 20 dorpe in die Vrystaat wat getoets is, voldoen aan die minimum-standaard van AfriForum se jaarlikse blou- en groendruppelprojek.
Volksblad berig Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein, het gesê die projek is daarop gemik om die stand van dorpe se drinkwater – dis die bloudruppel-status – en rioolaanlegte, die groendruppel-status, te toets.
Dorpe in die Vrystaat wat nie die paal met die standaard vir drinkwater kon haal nie, is Koffiefontein, Parys en Kroonstad.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig daar is E.coli in Parys se water.
Bloemfontein, Boshof, Heilbron en Viljoenskroon se water voldoen aan die minimum-standaard en bevat geen skadelike bakterië nie.
Hoewel die drinkwater hier die toets geslaag het, heers daar wel kommer oor die standaard van rioolaanlegte in die Mangaung-metro.