Hoewel die amptelike sterftesyfer nog nie bekend is nie, is alle aanduidings daar dat vanjaar se Paastyd-padsterftes dié van verlede jaar verby sal steek:

In een van die dodelikste ongelukke is minstens vyf mense gistermiddag dood en talle beseer, in ’n botsing tussen 35 voertuie op die N3-hoofweg in KwaZulu-Natal.

Netwerk24 berig vyf vragmotors, agt minibustaxi’s en 22 motors was in die botsing tussen Hilton en Cedara betrokke.

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, het vroeër gister gesê die voorlopige syfers dui reeds daarop dat daar vanjaar meer padsterftes is as ten tyde van verlede
jaar se Paastyd.

Volgens haar word sowat 80% van die padongelukke deur nalatigheid veroorsaak, wat bestuur onder die invloed van drank insluit.

Intussen is die N4-hoofweg by Pretoria gister weer vir verkeer oopgestel, nadat dit sedert Sondagaand gesluit was toe minstens sewe kragmaste met hoogspanningskabels omgeval en die pad versper het.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig ‘n storm in die gebied is waarskynlik vir die voorval.

Daar was ook botsings as gevolg van die voorval en mense in groot dele van Pretoria het as gevolg van die voorval sonder elektrisiteit gesit.

Voorlopige statistieke dui daarop dat 20 mense van Donderdag tot Maandag op Gautengse paaie gesterf het. Die meeste sterftes – soos ook in ander dele van die land – is weens voetgangers wat paaie oorsteek, roekelose en nalatige bestuur en die verontagsaming van verkeersreëls.

Meer as 75 192 voertuie is sedert die begin van die Paasvakansie voorgekeer en deursoek. Minstens 6-honderd-99 voertuigbestuurders is vir verskeie oortredings in hegtenis geneem. Die hoogste snelheid die naweek is in Gauteng aangeteken, waar ‘n motoris in hegtenis geneem is toe hy teen 198 kilometer per uur in ‘n 120 kilometer-sone gejaag het.

‘n Bestuurder met die hoogste aangetekende bloed-alkohol-vlak, van een punt nul 3 milligram per duisend milliliter, se tjank is by Delft in die Wes-Kaap afgetrap. Die wettige alkoholperk in Suid-Afrika is minder as nul punt twee vier milligram per duisend milliliter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×