Die vreemde smaak en aardige reuk van kraanwater aan Bloemfontein se noordekant, wek die afgelope tyd kommer.
Die ontleding van watermonsters wat onlangs in Dan Pienaar geneem is, toon egter die water is wel vir menslike gebruik geskik.
Netwerk24 berig by monde van DA-raadslid, Werner Pretorius, dat daar geen abnormaliteite in enige van die Mangaung-metro se rouwaterbronne teenwoordig is nie.
Die DA het ook water uit die Rustfonteindam, Mockesdam, en van die Maselspoort-aanleg laat ontleed.
Geen onreëlmatighede is aangetref in water uit hierdie drie vername bronne, wat na die noorde van die stad gepomp word nie.