Die departement van gesondheid sê hy is bekommerd oor die groot aantal pasiënte wat weens tuberkulose sterf.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, is 280 000 Suid-Afrikaners verlede jaar met TB besmet. WGO-data toon dat meer as 54 000 van hierdie pasiënte aan die siekte dood is.
Die gesondheidsdepartement sê hoewel die aantal nuwe infeksies aan die afneem is, neem die aantal TB-sterftes toe.
Suid-Afrika is gasheer vir ‘n Brics TB-beraad wat vandeesweek in Durban aangebied word.