Die Posbank sê die tegniese probleme met betrekking tot Sassa-geld is nou iets van die verlede, maar sê in dieselfde asem dat talle mense steeds met leë hande sal moet staan.
Derduisende begunstigdes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid kon nie hul broodnodige toelaes aan die begin van die
maand onttrek nie.
Baie begunstigdes sal egter stééds nie dadelik toegang tot toelaes hê nie.
Luidens Maroela Media het Posbank gister gesê diegene met Sassa se gouekaarte het onmiddelike toegang tot hulle geld.
Begunstigdes wat sedert gister onttrekkings probeer doen het, word versoek om ʼn rukkie kans te gee voordat hulle verdere transaksies probeer doen.
Posbank sê daar word verwag dat alle probleme binne die volgende 24 uur uitgestryk sal wees.