Te danke aan skenkers wie gehoor gegee het aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se pleidooi, is ‘n nuwejaarsramp afgeweer.

Die feesseisoen is egter nog nie verby nie, en die vraag na skenkerbloed bly hoog. Hoewel die land nou slegs genoeg skenkerbloed vir ongeveer drie dae het, lyk dit darem ‘n bietjie beter as voor die Kers- en Nuwejaarsnaweek, toe daar net bloedvoorraad vir twee dae was.

Hendrieka Beukes van die SANBS sê daar behoort minstens genoeg bloed vir 4 of 5 dae in sy store te wees, veral hierdie tyd van die jaar, wanneer die vraag na skenkerbloed drasties styg.

Bloemfontein se permanente skenkerpunte is by Victorian Square, by Bloemplaza in die middestad, en in die Southern Centre in Fichardtpark. Indien jy elders in die land is,
en via die Rosestad-toep ingeskakel is, kan jy die SANBS se webtuiste besoek om uit te vind waar jou naaste skenkerpunt is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×