Die asbessaak teen Ace Magashule en ander hervat na verwagting Maandag in die Vrystaatse Hooggeregshof met ’n verhoor binne ’n verhoor oor die hof se jurisdiksie om Moroadi Cholota te verhoor.

Rosestad-nuus het berig dat Magashule, sakeman Edwin Sodi en verskeie ander amptenare aangekla word van bedrog, korrupsie en geldwassery rakende ’n tender van R255 miljoen vir die verwydering van asbesdakke op duisende huise in die Vrystaat.

Cholota was Magashule se voormalige assistent en sou oorspronklik ’n staatsgetuie wees.

Sy het later in die VSA gaan woon en is daar in hegtenis geneem.

Cholota, Magashule se voormalige assistent, is beskuldigde 17 in die saak.

Volgens SABC News beweer sy haar uitlewering uit die VSA was onwettig en dat Amerikaanse owerhede mislei is.

Haar regsverteenwoordiger sê sy is met vervolging gedreig en dat daar geen regverdige gronde vir aanklagte is nie.

Die staat ontken nie dat die dreigemente gemaak is nie, maar sê dit was ’n redelike waarskuwing.

Staatsadvokaat Johan De Nysschen meen Cholota is nie geloofwaardig nie.

Die hof moet nou besluit of sy regverdig vervolg kan word.

error: Inhoud is beskerm !!