Die Arbeidshof in Kaapstad het beslis Eskom het die Wet op Gelyke Indiensneming oortree deur nie-aangewese groepe soos wit mans nie op kortlyste te plaas nie.

Dit hou verband met AP Erasmus, wat ondanks uitmuntende punte in 2017 ‘n bestuursrol geweier is. Die hof het bevind Eskom se uitsluiting van sekere rassegroepe is onwettig.

Regter Hilary Rabkin-Naicker het Eskom beveel om die gebruik te staak en Erasmus 18 maande se salaris te betaal. Sy sê Eskom se verduideliking is nie in ooreenstemming met die behoorlike toepassing van diensbillikheid nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×