‘n Tussentydse bevel is finaal gemaak wat die nasionale en provinsiale regering verplig om polisiebegeleiding aan busse in Oos-Kaapse misdaadbrandpunte te verskaf. Die bevel, wat Dinsdag in die hooggeregshof in Makhanda finaal gemaak is, verplig ook die minister van vervoer en die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer om met ‘n plan na vore tekom om die veiligheid van bestuurders en langafstandbusse en hulle passasiers te verseker. Die volg na Intercape se regastappe om die nasionale en provinsiale owerhede te vervolg om ‘n veilige deurgang vir hulle busse te verseker. Wetstoepassing word ook by elke halte in misdaadbrandpunte vereis. Regter John Smith het volgens Netwerk 24 die owerhede geroskam om op te tree teen geweld teenoor langafstandbusse in die provinsie.
