Oud-president Jacob Zuma se private vervolging van president Cyril Ramaphosa is vandoggend deur die hooggeregshof in Johannesburg as onwettig verklaar en tersyde gestel. Netwerk 24 berig ‘n volbank regters het tydens die uitspraak ook ‘n interdik toegestaan wat Zuma verhoed om Ramaphosa te vervolg op grond van die klagte wat verband hou met die uitlek van sy mediese inligting wat Zuma vroeër by die hof ingedien het. Ramaphosa het die hof genader om Zuma se private vervolging van hom te stuit. Zuma beweer Ramaphosa was medepligtig saam met adv. Billy Downer, die staatsaanklaer in die wapenskandaalsaak en die joernalis Karyn Maughan in die uitlek van sy private mediese inligting. Die hof het ook die dagvaarding dat Ramaphosa in die hof moet verskyn, as onwettig verklaar en tersyde gestel. Zuma is ook beveel om Ramaphosa se regskostes te betaal.
