‘n Sindikaat, wat hoofsaaklik uit familielede bestaan en Eskom uit miljoene rande geswendel het, het uiteindelik sy moses in die hooggeregshof in Pretoria teëgekom nadat ‘n bevel toegestaan is om R29 miljoen in eiendomme en kontant te bevries. Die patriarg van die Theletsane-familie, wat in 2017 oorlede is, het by die afdeling vir voorafbetaalde krag by Eskom gewerk en kennis opgedoen hoe toestelle werk wat onbeperkte kragkoepons vervaardig. Ben Theletsane is weg by Eskom met een van die toestelle. Die familie en nog tien beskuldigdes het jare lank vir eie gewin onwettige voorafbetaalde kragkoepons vervaardig en verkoop. Kragkoepons ter waarde van R36 miljoen is uiteindelik onwettig deur die sindikaat aan mense verkoop. Die familieonderneming het volgens Maroela Media so winsgewend geword dat dit oor nege provinsies uitgebrei het. Die Theletsane-gesin en tien medebeskuldigdes, wat in 2021 in hegtenis geneem is, verskyn later vandeesmaand weer in die hof.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×